Thursday, 19 December 2013

Liefde Gewelf

Diamandhelder sterre skitter
bo sekelmaan se lig,
waar somerson omvou 
hart van goud, van glas,
en angelier rooi bloeisels
kartel soet die liefde.

Friday, 9 August 2013

Liefde au naturel

Met klaasvakie se sand nog vlak in my oë
vang ek myself met 'n glimlag
en 'n huppel in my gemoed
want ek dink aan jou
en droom van koue oggende soos die
waar ons warm lepel lê
en vader-tyd geen sê het nie
en moeder-natuur glimlag
vir die liefde wat blom.



Baie lief vir jou prinses.

Tuesday, 23 April 2013

Van Gogh se glimlag

In huil is daar ʼn vreugde.
In lag skuil daar ʼn traan.
Niks is ooit kompleet nie,
tog alles ʼn geheel.
Die kringloop van die lewe,
ʼn metamorfose van die siel.
Begin is net die einde,
en einde, ʼn weer begin.
In vreugde is daar trane.
En lag is tog maar huil.