Sunday, 15 April 2012

Alleen

As dit stil, stiller, stilste word
Word gedagtes hoorbaar oorverdowend
Wat is die vergelykings trappe van alleen?
Alleen, alleener, alleenste?
Kan stilte werklik soveel weeg?
Kan alleenheid werklik so omvou?
n Kluisenaar in n massa.
n Uitgewerpene tussen vriende.

Trane wil loop en hart wil skeur
maar die dam is droog
en die hart gebreek.
Ek wil fetus lĂȘ en net laat gaan.
Maar daar is niks meer oor.
Geen trane, gevoel, liefde of haat.
Net dorre leegte sonder emosie.

Liefde word n onverstaanbare begrip.
n Woord sonder 'tekenis.
n Gedagte onbegryplik.

Stil, stiller, stilste.
Alleen, alleener, alleenste.
Dood.....

1 comment:

  1. Woorde ontbreek terwyl my siel luister en my hart verstaan!

    ReplyDelete